What's On
-
Community Wall
Posted on: 13-09-20182018-09-13 Beste Zomerlust Eienaar, Net 'n bietjie terugvoering ten opsigte van ons boorgat projek: Soos u seker al weet het ons 'n gat geboor in tweede laan en baie water gekry. Die gat is 70m diep en die boor kontrakteur raam dat die beskikbare water soveel as 20,000 liter per uur kan wees. Die volgende fase is nou om ʼn elektriese aansluiting te kry. Drie huiseienaars het goedgunstig ingestem dat ons pype en elektriese kabel oor hulle erwe kan lê en sodoende kan ons ons bestaande opgaar tenke aan die bopunt van Bo-Bergsig straat gebruik. Die elektriese aansluiting wat ons daar het is ongelukkig enkel fase en vir die pompe en die afstand wat die kabel gele moet word moet ons die aansluiting opgradeer na 3 fase. Ons wag nog vir die goedkeuring en kwotasie van die munisipaliteit. Dit is ʼn baie frustrerende proses maar ons hoop om volgende week uitsluitsel te kry nadat die munisipaliteit vandag ʼn ter plaatse besoek afgelê het. Sodra ons goedkeuring vir elektriese aansluiting gekry het sal ons die pompe en pype installeer. Die sisteem sal soos volg funksioneer: Ons pomp die water met die boorgat dompelpomp wat 65 meter onder grondoppervlakte geinstalleer word tot by ons opgaar tenke aan bokant van Bo-Bergsig straat. Vandaar pomp ons weer die water met ʼn normale sentrifugaal pomp in ons bestaande besproeiing stelsel in. Ons bestaande besproeiing stelsel in Bo-Bergsig straat is aan die opgaar tenke gekoppel. Ons pomp ook van die opgaar tenke weer terug na die onderste besproeiing stelsel en die koppeling gaan gedoen word in tweede laan regoor Johan Pretorius hulle se huis. Ons sal die stelsel die hele tyd onder druk moet hou want ons het drie beheerstasies op verskillende plekke. Met die stelsel sal ons dan al die restant tuine uit die boorgat kan besproei. Sodra die boorgat goed gespoel is sal ons ook die water laat toets om die gehalte te bepaal. Die “proe toets” gedurende die boorproses het getoon die water is van goeie kwaliteit. Sal u op hoogte hou soos die projek vorder. Groete Hannes Wagener
-
Community Wall
Posted on: 17-07-2018Ons verneem graag of JPS Trust enige vordering gemaak het met die opname van diegene wat belangstel in die installasie van fibre soos besluit is op die laaste jaarvergadering?
-
Community Wall
Posted on: 02-06-2018Please supply your name and contact no. Regards Hannes Wagener
-
Community Wall
Posted on: 02-06-2018The service from JPS trust is VERY BAD and it is a struggle to get invoices every month regarding levies, etc. We need a high wall / electric fence around property and the gate at main entrance (from Boulevard ) needs to be upgraded for security reasons
-
Community Wall
Posted on: 31-05-2018Ek beplan om teenwoordig te wees by die AGM
-
Community Wall
Posted on: 23-04-2018Dear Owners / Geagte Eienaars, Geliewe hiermee kennis te neem dat die Algemene Jaarvergadering van Zomerlust HEV geskeduleer is vir die 5de Junie 2018 om 18:00 - Zomerlust Gastehuis, Main Road, Paarl. AJV Pakket dokumentasie volg binnekort. Kindly note that the Annual General Meeting of Zomerlust HOA is scheduled to take place on the 5th June 2018 at 18:00 - Zomerlust Guest House, Main Road, Paarl. Relevant AGM documentation to follow. Baie dankie / Thank you - Chanita Dreyer - JPS Trust
-
Community Wall
Posted on: 19-04-2018Ek ondersteun die boorgat projek. Groete Elfriede
-
Community Wall
Posted on: 19-01-2018Dear Owners/Residents / Tenants and Trustees Please take note of the attached Water Restrictions set by the City of Cape Town - can we please give some serious consideration and adherance to this phenominal disaster regarding the upcoming water availability - which - if we don't support the initiative - will be nul. Your serious co-operation and consideration will be highly appreciated... Thank You - much appreciated. Chanita Dreyer
-
Community Wall
Posted on: 19-01-2018Geagte Eienaar/Inwoner/Huurder en Trustee Neem asb kennis van dringende media korrespondensie ontvang vanaf Die Stad van Kaapstad insake die water krisis wat ons in die gesig staar en kan ons asb 'n vriendelike beroep op almal doen om hul samewerking te verleen in die verband. Die water raak tans al hoe minder en sal eersdaags nie meer beskikbaar wees. Dit is 'n fenominale krisis in ons land. Jul samerwerking hiermee word opreg waardeer. Baie Dankie. Chanita Dreyer
-
Community Wall
Posted on: 14-11-2017Goeie Naand almal. Ons werk nog altyd om die water lekkasies op ons pyplyne te vind en te herstel. Ons het n groot ondergrondse lekkasie voor die woonstelle gevind en herstel. Dit blyk of daar nog n lekkasie is wat ons moet vind en daar n kraan wat herstel moet word. Vir die doel benodig ons om die water toevoer more (Dinsdag 13 November) af te skakel vanaf 09h00 tot ongeveer 15h00. Dit sal hopelik nie die hele tyd af wees nie maar by tye af en dan weer aan. Jammer vir die ongerief. Groete Hannes
-
Community Notice
Possibility of Fibre to Zomerlust Estate
Posted on: 11-10-2017All owners of Zomerlust Estate, Please can you confirm by return email if you will be interested in connecting to fibre, should it be available. The board of trustees needs to know if it is feasible to have the installation done for the whole estate. Kind regards, Thea Jordaan
-
Community Notice
Zomerlust Landghoed HEV - Sekuriteit Toegang - Remotes en Selfone
Posted on: 03-10-20172017-10-02 Beste Huiseienaar, Soos op die vorige AJV bespreek moet ons en is ons besig om ons sekuriteit rondom ons hek remotes en selfoon toegang rekords op datum te kry aangesien die rekords nie op datum is nie. Remotes: Die reël as dat elke huis twee remotes mag hê. Indien enigiemand meer benodig moet daarvoor skriftelik aansoek gedoen word en gemotiveer word. Remotes behoort net aan persone wat permanent in die landgoed woon of huur en beperkte noodsaaklike diens leweransiers uitgereik te word. Nadat Hermie al baie moeite gedoen het om die ongeïdentifiseerde remotes op die stelsel, sonder sukses, te identifiseer gaan ons hulle nou de-aktiveer. Indien u remote dalk ophou werk skakel asb. vir Hermie. Selfoon: Daar is ongeveer 132 selfoon nommers geaktiveer op die stelsel. Ons moet dit nou dringend aanspreek. Die reël as dat elke huis twee selfoon nommers wat hek oopmaak mag hê en dan net geallokeer aan persone wat permanent in die landgoed woon of huur. Indien enigiemand meer benodig moet daarvoor skriftelik aansoek gedoen en gemotiveer word. Remotes behoort net aan persone wat permanent in die landgoed woon of huur en beperkte noodsaaklike diens leweransiers uitgereik word. Die selfoon rekord wat ons moet ontvang en ons moet hou moet bevat: 1. Selfoon nommer. 2. Naam van selfoon eienaar. 3. adres van die persoon aan wie die nommer behoort 4. die naam en adres van die huiseienaar in Zomerlust met wie daar ʼn verbintenis is.. 5. Motivering indien meer as twee benodig word en indien selfoon toegang aan iemand wat nie in landgoed woon uitgereik moet word. Om te verhoed dat een van u selfone onaktief gemaak word moet u asseblief voor of op 16 Oktober die bostaande inligting en die nodige motivering indien van toepassing aan Hermie by <a href="mailto:hermie.est@gmail.com" title="hermie.est@gmail.com">hermie.est@gmail.com</a> email. Dankie by voorbaat. Groete Hannes Wagener
-
Community Wall
Posted on: 17-08-2017Goeie middag almal, Dis weer ek met slegte nuus. Die hek is weer toe maar die selfoon funksie werk nie. Die elektroniese bord moet vervang word en alle selfoon nommer moet oorgelaai word. Dit sal more gedoen word. Die remotes en interkom werk egter. Jammer vir die ongerief. Groete Hannes
-
Community Wall
Posted on: 15-08-2017Goeie naand almal. Die hek se defekte rat is vandag deur Hermie vervang maar toe het daar ongelukkig nog 'n ander probleem opgeduik wat nie vandag herstel kon word nie. Hopelik môre. Ons laat eers die hek oopstaan tot later. Daarna kan dit met hand oop en toe getrek word. Die straatligte se fout is vandag opgespoor en werk nou almal. Groete Hannes
-
Community Wall
Posted on: 14-08-2017Goeie naand Almal, Ongelukkig is ons hek motor buite werking. Dit sal more herstel word. Indien u voor die hek kom en dis toe en dit reageer nie op u selfoon of remote nie moet u dit asseblief met die hand oop skuif en weer toe skuif. Die straat ligte werk ongelukkig ook nie aangesien daar n kabel fout iewers onder die grond is . Dis nou al die tweede een. die kontrakteurs probeer dit vind en herstel. Jammer vir die ongerief. Groete Hannes
-
Community Wall
Posted on: 18-07-2017Dear Owner and Tenants, You will notice that three statements was forwarded to yourself today. The last statement from 01 March 2017 - 31 August 2017 is the correct statement. We do apologies for the error. Kind regards Alice de Beer
-
Community Wall
Posted on: 07-06-2017Valued Client, According to several major weather and news broadcasters, a storm has been predicted for tonight, 6 June 2017 and tomorrow, 7 June 2017. In preparation, Western Cape disaster risk management teams (see pg.2 for contact details) are on alert and ready to respond to any crises caused by the forecasted storm. As your insurance broker, we feel the need to ensure that you are fully informed of the potential risks that lie ahead, and that you know what procedures to follow in the event of an emergency. The following was extracted from a News24 article1, and highlights precautionary measures one should take in preparation for the forecasted storm: “How Can I Prepare for a Flood? Identify the risk in your local area. Prepare a home emergency plan, and identify risks around your home. Remove leaves (from downpipes or gutters) or any other items that can increase the risk of flooding in your area. Have an evacuation plan. Everyone in your family has to know where to go to find shelter. Prepare an emergency toolkit. This should include a first aid kit, torch and portable radio with batteries, candles and waterproof matches, drinking water, a multi-tool, whistle and emergency contact numbers.” “What Should I do during a flooding? Monitor current flood warnings. Listen to the radio for emergency warnings, evacuation advice and weather updates. Avoid entering floodwater unless it is necessary, and never underestimate the strength of floodwater, even if you are inside a vehicle. Follow all instructions from emergency authorities. Turn off all electricity and water and take your cellphone with you. Assist elderly and disabled neighbours.” “What Should I do after the flood? Before entering your house, wait until the water has dropped below floor level. Check with electricity and water authorities to know whether it is safe for you to use these resources. Be aware of contamination if water sources have been flooded; this could be unsafe to drink. In addition – JUST IN –WC average dam level currently 17.6%.” 1 “ALERT: Here's what you need to know about #DikWednesday storm headed for SA.” News24. <a href="http://www.traveller24.com/News/Alerts/alert-heres-what-you-need-to-know-about-dikwednesday-storm-headed-for-sa-20170606" title="http://www.traveller24.com/News/Alerts/alert-heres-what-you-need-to-know-about-dikwednesday-storm-headed-for-sa-20170606" target="_blank">http://www.traveller24.com/News/Alerts/alert-heres-what-you-need-to-know-about-dikwe...</a>
-
Community Wall
Posted on: 28-05-2017Geagte mede huis en besigheid eienaars, Ons het nou nuwe padtekens opgerig wat die spoed beperking van 30 km per uur stel en wees versigtig vir kinders wat strate mag oorsteek of daar speel. Die padtekens is baie mooi sigbaar net na die motorhek. Dit spyt my om te se dat sekere eienaars en besoekers nie die spoed beperkings nakom nie en persone met klein kinders is bekommerd. Ons het daarteen besluit om onmiddelik spoedwalle op te rig as gevolg van die geraas besoedeling wat dit veroorsaak. Hiermee doen ons as Bestuurskomitee 'n beroep op almal om die spoed beperking na te kom en versigtig om die blinde hoeke te bestuur. By voorbaat dankie vir almal se samewerking. Groete, Hannes Wagener
-
Community Wall
Posted on: 18-05-2017Hallo Almal, ons vertrek met verlof! Geniet die AJV! Verskoon ons asb. Mias en Elitha Pieterse Nr 16
-
Community Wall
Posted on: 18-05-2017Beste Huiseienaars, Ek hoop almal wat moontlik kan woon moreaand die AJV by. Sien u daar. Groete Hannes Wagener
-
Community Wall
Posted on: 14-05-2017Dear Owners of Zomerlust HOA, Please take note that the time for the upcoming AGM on Thursday, 18th May 2017 changed to 18h00. Some of the owners who want to attend can not be there earlier. Official time for the meeting to start is 18h00 at the Zomerlust Guesthouse. Regards, Thea Jordaan